So, ons Kamp weer — in die Herfs!

Is julle ook jammer dat ons ons lekker Desemberkamp gemis het?

Stamme vol Stamvrugte — en niemand om dit af te pluk nie. Bergstroompies vol koel water en niemand om hulle warm voete daarin te lawe nie. Berge waatlemoene en niemand om dit te eet nie. Ai… ons sou darem graag hierdie somer wou gekamp het.

Een goeie ding: die kommandant en sy vroutjie het ‘n groot geskenk ontvang: nog ‘n seun: Emil Ettienne De Villiers. Ons is almal bly saam met hulle.

Maar wat, herfskampe het hulle eie bekoring. Dan is dit net nie meer so woes warm nie, die gras staan lekker hoog (dink net hoe maklik kan jy iemand bekruip…) en die nagte is nog nie koud nie. Heerlike kampvuurtyd!

Hoe lyk dit, is julle lus?

Maak ‘n groot kring om die volgende datum: 10-15 April 2017 en skryf:

Onthou!!! Oorlewingskamp!!!!

( Sjjjj…. Hou hierdie bladsy dop… Meer inligting volg…. )

 

Oorlewingskamp?

ontspan

Aan almal wat wonder oor Desember en of daar Oorlewings-kamp gaan wees… ons sal maar mooitjies moet wag, want die kamp is eers weer volgende jaar. Ai.

Maar wat, nou het ons darem baie om na uit te sien 🙂 Omkring maar solank die datum op daardie splinternuwe kalender:

3 – 8 APRIL.

Mooi bly tot later!

(Kan julle ‘n geheim hou? Die Kommandant en sy vroutjie gaan ‘n nuwe babatjie ryker word.)

Welkom nuweling!

‘n Baie hartlike gelukwense aan Lydia en Jan-Rijn Zeevaart met die geboorte van hul laatlammetjie, Marnus Geerhardt op 16 April 2016. Hy en sy mamma is albei gesond. Ons dank aan die Here vir sy groot genade.

IMG-20160418-WA0000

 

Oorlewingskamp: 4-9 Julie 2016. Bespreek betyds !

Hartlik welkom by ons WINTERKAMP 2016!

Wat: Hierdie Oorlewingskamp se tema sal wees: Die Waarheid: Ken en Oorleef.

Wanneer: Maandag 4 Julie om 7:00 – Saterdag 9 Julie 2016.

Wie: Die hele gesin, of enigiemand tussen 9 en 90 jaar oud.

Waar: Op die Voet-Hoef-en-Hoed kampterrein (tussen Nylstroom en Vaalwater, 2 uur se ry vanaf Pretoria). Roetekaart beskikbaar op aanvraag. Dui asb vroegtydig aan as u saamrygeleentheid soek.

Hoeveel: Eerste gesinslid: R600 2de en 3de gesinslede: R550 elkRes van die gesin gratis.

Wat: Huisveiligheid, spoorsny, selfverdediging, debat, waarneming,  misdaad-voorkoming, skyfskiet, noodhulp, die waarheid van ons volk se verlede weer afstof en bekyk sodat ons kan leef en oorleef in vandag se omstandighede…

…voeg daarby lekker eet, sing en speel by ‘n knetterende bosveldvuur, met goeie Afrikaner-geselskap en ‘n jakkals wat roep in die verte…

Bespreek asb vroegtydig, sodat dinge vlot kan verloop (sommer nou). Ons kan nie wag om ons kampgangers te ontmoet nie. :-)

Kry die inskrywingsvorm HIER.

Of kontak ons as u vrae het. Ons help graag.

“Sien jou weer, sien jou weer….”

Jy weet dit was ‘n lekker kamp, as die kampgangers ‘n liedjie spesiaal vir die kamp komponeer.

Die kwik het meeste van die tyd bo 40 gehang (nou ja, dit het so gevoel) maar die heerlike waatlemoene en ‘n reën-buitjie so af en toe het oorlewing makliker gemaak. Ons het alles gedoen wat ons van plan was: gekamoefleer, selfverdediging geoefen, skuiling gebou, water-gemaak, kompas gelees, VUUR gemaak (darem in die koelte), vlag gehys… en nog baie meer. Ons het tot ‘n vlakvark afgeslag. Hierdie boertjies is taai!

En dan praat ek nog nie eers van die heerlike boere-sport en kampvuur-konsert nie… Nee wat, ek dink ons kan met reg sê dat hierdie kamp onvergeetlik was.

“Sien jou weer… sien jou weer! Ons kamp in die Alma-vallei…”

Sien jou

Ek sien jou 😉

Tent-inspeksie

Kommandant, tent gereed vir inspeksie!

Ek smeer jou, jy smeer my

Jou gesig blink nog te veel!

Mooi, daar brand hy

Vroeg oggend vurmaak…

IMG_2325 - Copy

‘n Waterbottel pla bietjie as mens boompie-verplant.

Volkspel

Wat is ‘n kamp nou sonder tiekiedraai?

Metusaleg kom kuier

Wil jy glo… Ou Metusaleg het weer kom kuier!

 

Link

Somerkamp 2015 Adv F

Hartlik welkom by ons SOMERKAMP 2015!

Wat: Oorlewingskamp met die fokus op Gesins-VEILIGHEID

Wanneer: Maandag 7 Desember om 7:00 – Saterdag 12 Desember 2015

Wie: Die hele gesin, of enigiemand tussen 9 en 90 jaar oud.

Waar: Op die Voet-Hoef-en-Hoed  kampterrein (tussen Nylstroom en Vaalwater, 2 uur se ry vanaf Pretoria). Roetekaart beskikbaar op aanvraag. Dui asb vroegtydig aan as u saamrygeleentheid soek.

Hoeveel: Eerste gesinslid: R550 2de en 3de gesinslede: R400 elkRes van die gesin gratis.

Wat: Huisveiligheid, spoorsny, selfverdediging, debat, waarneming,  misdaad-voorkoming, skyfskiet, noodhulp, lesse uit ons volk se verlede vir die realiteit van leef en oorleef in vandag se omstandighede…

…voeg daarby lekker eet, sing en speel by ‘n knetterende bosveldvuur, met goeie Afrikaner-geselskap en ‘n jakkals wat roep in die verte…

Bespreek asb vroegtydig, sodat dinge vlot kan verloop (sommer nou). Ons kan nie wag om ons kampgangers te ontmoet nie. 🙂

Kry die inskrywingsvorm HIER.

Of kontak ons as u vrae het. Ons help graag.

Klein dingetjies, groot verskil

Volksvriende,

In die tyd wat ons nou beleef, loop soveel gesinne deur onder misdadigers, in juis die plek waar hul veilig behoort te gewees het, hul eie huise.

Dit raak al so erg dat mens nie meer dink: “Dit sal nie met ons gebeur nie”, maar: “Wanneer gaan dit met ons ook gebeur…”

So baie van ons weet nie wat om te doen wanneer dit gebeur nie. Erger nog, ons weet nie hoe om dit te voorkom nie.

Baie mense loop skietkursusse, trek na sekuriteits-oorde, of emigreer na ander lande. Dit alles kan help om die narigheid te verminder.

Maar meeste van ons het nie die lus of aanleg om wild-en-wakker soldate te word nie, ons is te lief vir ons eie land of ons eie huis om weg te trek, of dit kos heeltemal te veel. Ons wil asseblief tog net in vrede aangaan met ons lewe as opgroeiende kinders, bedrywige beroepsmense of moederlike huishennetjies.

Wat egter lewens red, is dikwels eenvoudig, en binne bereik van ons almal: dis die ‘klein’ dingetjies waaraan nie genoeg aandag gegee word nie. Oplettendheid, vooraf-beplanning, identiteits-bewussyn, vertroue op ons enigste Redder…

Op die volgende oorlewingskamp, 7-12 Des 2015, gaan ons spesifiek fokus op al hierdie “klein” dingetjies wat ‘n “groot” verskil maak.

Ouers bring julle kinders, kinders bring julle ouers 😉

Kom ons beveilig onsself, as gesin, en doen wat ons KAN doen.

DSCN6610.